| | |

AfriForum se Helderbergkom-tak verskaf hulppakkette

AfriForum se Helderbergkom-tak het skolehulppakkette aan vier skole en vier kleuterskole in die Helderbergkom-omgewing geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Skole en kleuterskole in Somerset-Wes, die Strand en Gordonsbaai het dié pakkette ontvang om hulle te help om gereed te wees om te heropen.

Die pakkette bevat klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. AfriForum het landwyd reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole versprei.

“Die Helderbergkom-takbestuur is bekommerd oor die feit dat die staat nie genoegsame ondersteuning aan plaaslike skole bied om voor te berei om te heropen nie en voel daarom genoodsaak om bystand aan skole in nood te bied,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Dra vandag nog tot dié tak se taknoodfonds by om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Helderbergkom” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings