| | |

AfriForum se Helderbergkom-tak skenk meel aan Helpende Hand

AfriForum se Helderbergkom-tak het 350 kg koekmeel op 8 Julie 2020 geskenk aan Ons Plek, Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapsentrum in die Strand. Dié gemeenskapsentrum maak maandeliks ’n reusebydrae tot die verligting van armoede in die gemeenskap.

Die koekmeel – wat Western Cape Milling aan AfriForum geskenk het – is aan sowat 120 gesinne uitgedeel om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

“Die Helderbergkom-takbestuur is bekommerd oor die armoede in die gemeenskap en is dankbaar om ook in hierdie tyd ’n verskil te kan maak. Ons bedank Western Cape Milling vir die ruim skenking, wat aksies soos hierdie moontlik maak,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. SMS “Helderbergkom” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings