AfriForum se Heilbron-tak spreek waterprobleme aan

AfriForum se Heilbron-tak het verskeie klagtes van lede ontvang oor waterlekke en ’n watertekort in dié dorp. Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se versuim om hieraan aandag te gee, het die tak genoop om ’n formele klag per brief op 21 Junie 2017 aan die munisipaliteit te rig.Dit is aan AfriForum bekend dat die watertoevoer na gedeeltes van Heilbron afgesny is omdat die munisipaliteit in gebreke bly om sy rekeninge te betaal en omdat gebreekte waterpompe nie herstel word nie.

“Hoewel een van die waterpompe ’n dag ná ons skrywe reggemaak is, bly dit ’n aanhoudende probleem wat bloot nie deur die munisipaliteit as ’n prioriteit geag word nie. Verder kry die lekke – wat veral by die reservoir ontstaan – geen aandag nie en word baie water daar vermors,” sê René Fourie, voorsitter van AfriForum se Heilbron-tak. “Toegang tot water is ’n grondwetlike reg en AfriForum sal alle pogings aanwend om die inwoners van Heilbron by te staan om watertoevoer na die dorp te verseker.”

Soortgelyke plasings