AfriForum se Heidelberg-tak oorhandig wenslys aan Lesedi Plaaslike Munisipaliteit

AfriForum_Logo - twitter
 
Die burgerregte-organisasie AfriForum se Heidelberg-tak het op 8 Maart 2017 ’n wenslys aan Isaac Rampedi, waarnemende munisipale bestuurder van die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit, oorhandig.
Dít volg nadat dié tak verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het waaraan hulle graag deur die loop van die jaar wil aandag skenk.
Rampedi het AfriForum se voorstelle verwelkom en sy ondersteuning aan die plaaslike tak toegesê.
Probleme wat onder die munisipaliteit se aandag gebring is, sluit slaggate, gemeenskapsveiligheid, watermeters, straatligte, die wanbetaling van rekeninge en rioolprobleme in. Daar is verder besluit dat ’n maandelikse vergadering voortaan gehou sal word om oplossings vir bestaande probleme te probeer vind, asook om projekte vir die plaaslike tak te identifiseer.

“AfriForum verwelkom die munisipaliteit se samewerking en sal van elke geleentheid gebruik maak om vordering te bewerkstellig,” sê dr. Willem Sprong, voorsitter van die AfriForum-tak in Heidelberg.

Soortgelyke plasings