|

AfriForum se Hartbeespoort-tak verskaf water tydens krisis

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het op 12 en 13 Maart 2020 ongeveer 3 200 liter water aan die gemeenskap verskaf nadat watertoevoer na die dorp afgesny is omdat die munisipaliteit versuim het om hul rekening te betaal. ’n Gemeenskapslid het ’n boorgat beskikbaar gestel waar AfriForum ’n waterkar vol water kon maak om na verskeie huishoudings te vervoer.

Volgens die takbestuur is dit kommerwekkend dat die munisipaliteit nie in staat is om hul rekening vir ’n noodsaaklike hulpbron soos water te vereffen nie. AfriForum se Hartbeespoort-tak sal nie huiwer om die gemeenskap by te staan tydens hierdie krisis nie.

“Dankie aan al die AfriForum-lede in Hartbeespoort wat dit vir die organisasie moontlik maak om die gemeenskap by te staan. AfriForum sal die gemeenskap altyd tydens krisisse bystaan en is deurlopend besig om te beplan om bystand te versterk,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum moedig gemeenskapslede en sakeondernemings aan om vandag nog by die organisasie se Hartbeespoort-tak betrokke te raak sodat soortgelyke projekte aangepak kan word: SMS “Hartbeespoort” na 45351 (R1) of kontak vir Dennis Webster by 082 435 5636 vir verdere inligting.

Soortgelyke plasings