|

AfriForum se Hartbeespoort-tak skenk toerusting aan plaaslike buurtwagte

AfriForum se tak in Hartbeespoort het onlangs basiese toerusting aan die plaaslike plaaswag en die Ifafi/Melodie-, Meerhof- en Schoemansville-buurtwag geskenk.

“As AfriForum se Hartbeesport-tak wil ons graag ’n bydrae tot die huidige buurtwagstrukture in Hartebeespoort lewer en hulle ondersteun. Die werk wat die verskillende buurtwagte oor die afgelope 12 jaar in die omgewing gedoen het, is vir ons van groot waarde. Ons wil die stelsels opbou wat reeds in plek is en goeie verhoudings tussen die strukture handhaaf, tot die hele gemeenskap se voordeel,” sê Wayne Holloway, voorsitter van AfriForum se Hartbeespoort-tak.

Die tak bedank ook die buurtwagvoorsitters, asook Romano Van der Spuy, voorsitter van die GPF, wat bereid is om saam met die Hartbeespoort-tak te werk.

Holloway spreek ook sy dank aan die taklede uit: “Ons lede maak dit vir ons moontlik om projekte aan te pak waarby almal in die gemeenskap kan baat.”

Soortgelyke plasings