AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag help om gesteelde voertuig op te spoor


AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag het op 14 Junie 2019 in samewerking met Hartbeesfontein Landelike Veiligheid daarin geslaag om ’n gesteelde voertuig op te spoor en aan die eienaar terug te besorg. Dit volg nadat die voertuig tydens ’n rooftog by die Econo-vulstasie in Hartbeesfontein gesteel is. Die buurtwag het onmiddellik gereageer en alle hoofroetes afgesluit om te keer dat die verdagtes die dorp verlaat.

Drie van die vier verdagtes is op die Dominionville-pad vasgetrek. Die vierde verdagte en die gesteelde bakkie is in Mollerstraat opgespoor, maar dié verdagte het egter op die vlug geslaan.

“Baie dankie aan die buurtwag, die polisie en Hartbeesfontein Landelike Veiligheid wat gehelp het om die gesteelde voertuig op te spoor. Dit was ’n reusesukses en bewys weer eens hoe ons misdaad suksesvol kan bekamp as alle veiligheidstrukture saamstaan,” sê Peet Naude, AfriForum se buurtwagvoorsitter in Hartbeesfontein.

Soortgelyke plasings