|

AfriForum se Harrismith- en Kroonstad-tak ontvang GOP-opleiding

AfriForum se Harrismith- en Kroonstad-tak het onderskeidelik op 23 en 24 Oktober 2019 opleiding in geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) ontvang.

Dié opleiding het oor onder meer die werkinge van munisipale begrotings gehandel, asook watter insette die gemeenskap daarop kan lewer. Probleme wat die dorp tans ervaar en hoe die gemeenskap dit onder die munisipaliteit se aandag kan bring, is ook bespreek. Deidre du Preez, AfriForum se raadgewer by Plaaslikeregeringsake, het die opleiding aangebied. Dit was ’n reusesukses en albei takke het entoesiasties daaraan deelgeneem.

“Met hierdie tipe opleiding word takke met die nodige kennis en inligting toegerus om skrywes aan die munisipaliteit te rig oor probleme wat hulle in dorpe ervaar. Dit stel hulle in staat om ’n groot verskil in hul dorpe te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

“AfriForum moedig gemeenskappe aan om soortgelyke opleiding by te woon en by hul plaaslike AfriForum-takke betrokke te raak. ’n Tak kan baie meer sukses behaal as die gemeenskap agter hom staan,” voeg Nel by.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings