AfriForum se Groter Gansbaai-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding


AfriForum se Groter Gansbaai-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Overstrand-tak vorm, het op 18 Junie 2019 opleiding in regsaspekte ontvang wat op patrollies van toepassing is. Die buurtwag het ook op 25 Junie 2019 opleiding in toneelhantering ontvang. Dié opleidingsessies is beide aangebied deur Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder by gemeenskapsveiligheid.

“AfriForum fokus daarop om gemeenskappe op te lei en met kennis te bemagtig. Een van hierdie fokusareas is gemeenskapsveiligheid, waar ons poog om gemeenskappe meer weerbaar te maak,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak by AfriForum se Overstrand-tak betrokke: SMS “Overstrand” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings