AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag ontvang opleiding


AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Helderbergkom-tak vorm, het op 19 Junie 2019 opleiding ontvang in regsaspekte wat op patrollies van toepassing is. Dié opleidingsessie is deur Johandré van Zyl, AfriForum se hoof van veiligheid vir die suidstreek, aangebied.

“Die buurtwaglede is baie in hul skik met die opleiding en sien uit om verdere kennis op te doen om hul gemeenskap sodoende beter te beveilig,” sê Ben Cronjé, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag.

Raak by AfriForum se Helderbergkom-tak betrokke: SMS “Helderbergkom” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings