AfriForum se gemeenskaptoekenningsinisiatief

Nomineer jou korona-held vandag!

Mense gaan gebuk onder die gevolge van die COVID-19-pandemie en al die negatiewe gevolge wat saam met die inperking gaan, maar daar is wel mans en vroue wat in hierdie tyd ’n lig in hulle gemeenskappe is.

Daar is soveel onbesonge helde rondom ons wat elke dag hulle eie gesondheid op die spel plaas om kwesbare mense te help.

AfriForum wil hierdie korona-helde eer en vir hulle toekennings gee omdat hulle hoop skep in hul gemeenskappe en onbaatsugtig teenoor hulle medemens optree.

Deur die onderstaande vorm te voltooi sal AfriForum ’n persoonlike sertifikaat aan jou genomineerde held stuur om hom/haar te bedank en te eer vir onbaatsugtige werk in die gemeenskap. Ons sal jou dan ook in kennis stel as hierdie sertifikaat gestuur word.

Jy het tot die 31ste Mei om jou held te nomineer.

***Versprei die boodskap sodat al ons helde die welverdiende erkenning sal ontvang.

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings