AfriForum se Gauteng-Suid buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie


AfriForum se buurtwagte in Vanderbijlpark, Roodepoort en Randfontein het in samewerking met die polisie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies op 17 en 18 Mei 2019 ’n nasionale massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer. Die buurtwagte het omstreeks 19:00 begin en tot 06:00 aan die patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp.

Altesaam 198 patrolleerders het 2 917 km in 80 voertuie afgelê en geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Die Gauteng-Suid-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke – jy kan help om jóú omgewing te beveilig. SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings