|

AfriForum se Gauteng-Suid-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Vanderbijlpark, Roodepoort, Krugersdorp, Fochville en Randfontein het op 14 en 15 Maart 2020 in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF’s, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer. Dié patrollie is deel van AfriForum se nasionale massapatrollie om polisiëringsigbaarheid te verhoog.

Altesaam 171 AfriForum-patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 5 397 km is met 139 voertuie afgelê. Die patrollie het om 18:00 begin en tot 06:00 geduur waartydens vier voorvalle aangemeld is.

“Die Gauteng-Suid-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke – jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings