AfriForum se Pretoria-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte van Apiesrivier, Wes-Moot en Pretoria-Wes in die Tshwane Metropool het die afgelope naweek aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Die patrollie is suksesvol deur sowat 188 buurtwaglede en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgevoer.

“Die patrolleerders het die onderskeie gebiede tussen Vrydagaand 19:00 en Saterdagoggend 2:00 in skofte gepatrolleer. Geen ernstige voorvalle van misdaad is aangemeld nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineer vir Gauteng.

De Klerk voeg by dat die patrollie op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was.

“Ons sal voortdurend nuwe projekte in samewerking met die polisie aanpak om misdaad in ons gemeenskappe hok te slaan.”

Raak vandag betrokke deur “Buurtwag” na 45341 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings