| | |

AfriForum se Frankfort-tak skenk handreiniger aan skole

Die AfriForum-tak in Frankfort het handreiniger aan die Hoërskool Wilgerivier en verskeie kleuterskole in dié dorp geskenk om die veiligheid van sowel die leerders as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het meer as 100 liter handreiniger aan die skole geskenk.

Die COVID-19-krisis het almal onkant gevang en skole het nie vir hierdie ekstra uitgawes begroot nie.

“Dit is ’n voorreg om skole by te staan en om seker te maak dat hulle voorbereid is om die 2020 akademiese jaar voort te sit. Dit is belangrik om skole tydens die pandemie by te staan sodat ons saam die pad vorentoe makliker kan maak. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

“Ons is baie dankbaar vir die harde werk wat ons strukture in hierdie tyd in hul gemeenskappe verrig,” sê Nel verder.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Soortgelyke plasings