AfriForum se Frankfort-tak hou skoonmaakaksie


Die AfriForum-tak in Frankfort het op 9 Februarie 2019 ’n selfdoenaksie van stapel gestuur en dié dorp se strate opgeruim en skoongevee, asook munisipale asblikke leeggemaak. Voor hierdie aksie was die strate besaai met vullis, terwyl munisipale asblikke ook oorgeloop het.

Verskeie lede van die gemeenskap – wat mense van alle ouderdomme en kulture insluit – het die tak met hierdie inisiatief gehelp en tot die sukses daarvan bygedra.

“AfriForum se Frankfort-tak en lede van die gemeenskap het besluit om self tot aksie oor te gaan in stede daarvan om oor die morsige, vuil strate te kla. AfriForum is baie dankbaar vir die gemeenskap se deelname tydens die aksie en sal in die toekoms selfs nog meer mense wil betrek. Saam kan ons ’n beter omgewing vir almal skep,” sê J.P. Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Frankfort” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings