| |

AfriForum se Fochville-tak staan gemeenskap by

AfriForum se Fochville-tak het die Fochville-gemeenskap se nood raakgesien en is die afgelope twee weke besig met die verspreiding van kospakkies, handreinigers en maskers.

Die Fochville-tak het op 14 April reeds betrokke geraak by ’n plaaslike gemeenskapsprojek om kospakkies aan behoeftiges te besorg. R5 000 is vir die projek geskenk, waarmee 50 kospakkies versprei kon word.

“AfriForum is dankbaar om deel te kan wees van ’n selfdoen-gemeenskap. Die Fochville-tak beoog om nog kospakkies te versprei waar mense in nood verkeer,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Die tak het ook kospakkies, handreiniger en maskers by onderskeidelik ’n sopkombuis, SAVF Aftree-oord, families in nood, twee klinieke en ’n COVID-19-toetsstasie afgelewer.

Verder sien die Fochville-tak ook om na diere in nood. Die tak het 100 kg hondekos en 6 kg katkos aan inwoners geskenk wat tans nie vir hul troeteldiere kan sorg nie.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings