|

AfriForum se Fochville-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum se Fochville-buurtwag het op 6 September 2019 regs-en-risiko-opleiding ontvang. Dié nuut gestigte buurtwag het die opleidingsgeleentheid dadelik aangegryp om die patrolleerders met die nodige kennis toe te rus sodat hulle binne die raamwerk van die wet kan optree.

Volgens André van den Berg, voorsitter van AfriForum se Fochville-tak, was daar die afgelope tyd ’n toename in geweldsmisdaad in die omgewing en die gemeenskap het meer op die buurtwag begin steun om bystand te bied. “Ná hierdie opleiding het die buurtwaglede genoegsame kennis om binne die raamwerk van die wet as oë en ore op te tree.”

“AfriForum bied hierdie opleiding aan al ons buurtwagte om gemeenskappe te bemagtig om binne die raamwerk van die wet op te tree en om hulle selfs meer weerbaar te maak,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings