AfriForum se Ellisras-tak bederf bejaardes vir Moedersdag


Die jeugvleuel van AfriForum se Ellisras-tak het op 11 Mei 2019 bejaardes by die dorp se SAVF-Maroelaoord vir Moedersdag besoek.

Jeuglede het met die vroue gesels en gekuier en hulle darem ook met ’n geskenkie bederf. Hierdie bederf het bestaan uit ’n koffiebeker, ’n pakkie koffie en koekies.

“Dit is vir ons belangrik om na almal in die gemeenskap uit te reik en om die nodige erkenning aan die moeders in ons gemeenskap te gee vir hul bydraes en opofferings. Hierdie besoek is maar net ’n klein blykie van ons waardering,” sê Doret Jacobs, voorsitter van die jeugportefeulje van AfriForum se Ellisras-tak.

David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Soutpansberg, wil graag die taklede bedank vir hul betrokkenheid en bereidwilligheid om na die gemeenskap uit te reik.

“Dit is verblydend om te sien hoe baie ons taklede vir die mense in hul gemeenskap omgee.”

Soortgelyke plasings