AfriForum se Edenvale-tak hou jaarvergadering, verkies nuwe bestuur


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Edenvale-tak het op Donderdag 23 Mei 2019 hul algemene jaarvergadering gehou en ’n nuwe bestuur vir dié tak gekies. Die doel van die vergadering was ook om terugvoer aan die gemeenskap te gee oor die tak se 2018-suksesse en -projekte. Die tak se amptelike eerste bestaansjaar is ook tydens die vergadering gevier.

Verskeie straatverf- en skoonmaakaksies is tydens 2018 aangepak en suksesvol uitgevoer. Die buurtwag het ook groot potensiaal getoon met die meer as 120 voorvalle waarop hulle gereageer of waartydens hulle bystand gebied het. Die tak handhaaf ook goeie verhoudings met verskeie organisasies en veiligheidstrukture in Edenvale.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Peter Kingsley (voorsitter), Linda McKenzie (ondervoorsitter en buurtwagvoorsitter), Lesley Thomas (tesourier), Alice Kaminski (sekretaris) en Gary Thomas (omgewingsake).

“Ons as bestuur is slaggereed om die tweede jaar aan te pak en die tak vorentoe te neem. Ons gaan op die uitbreiding en versterking van bestaande verhoudings met instansies fokus, asook op instandhoudingsaksies in en rondom die dorp,” sê Kingsley.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap in Edenvale om deel van die plaaslike tak te word. Met jou hulp kan AfriForum se Edenvale-tak ’n daadwerklike verskil maak. SMS “Edenvale” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings