AfriForum se Edenvale-buurtwag neem aan SAPD-klopjag deel


Die AfriForum-buurtwag in Edenvale het op 7 Februarie 2018 in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), die departement van binnelandse sake en verskeie sekuriteitsmaatskappye ’n suksesvolle profileringsklopjag in Edenvale uitgevoer.
Dié klopjag het om 8:30 begin en omstreeks 11:00 geëindig. ’n Groot aantal bedelaars en drentelaars is vanaf die strate verwyder en na die polisiestasie geneem vir profilering om te bepaal of hulle onwettige immigrante is.

“Die Edenvale-buurtwag sal voortdurend aan soortgelyke operasies deelneem en gereelde patrollies uitvoer om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies te poog om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Derelle Steyn, voorsitter van AfriForum se Edenvale-buurtwag.
“Die buurtwag wil ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak, maar ons is net so sterk soos ons ledetal. Ons doen daarom ’n beroep op die Edenvale-gemeenskap om by die AfriForum-tak betrokke te raak. Lede van die publiek kan ook ons noodnommer (083 432 1828) skakel in geval van nood of vir verdere inligting,” sluit Steyn af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Edenvale” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings