Spyskaart +

AfriForum se Delareyville-tak gaan groen in Boomplantmaand

September 21, 2015 deur Mariska Batt

 

Laerskool Delareyville is nege bome ryker danksy die plaaslike AfriForum-tak. Dié tak sal ook binnekort ’n draai by Laerskool Wildehondepan maak, waar hulle vier bome gaan plant. 

Die tak het tydens hul besoek aan die laerskool ’n voorlegging oor bome gedoen en aan die leerlinge verduidelik waarom hulle bome moet plant en versorg. Elke graad het een van die nuwe bome aangeneem.

Marcus Pawson, provinsiale koördineerder vir AfriForum in die Noordwes, sê dit is belangrik vir leerlinge om aan aksies soos hierdie deel te neem, sodat hulle die noodsaaklikheid van bome en die omgewing kan verstaan.

“Ons wil almal bedank wat aan die inisiatief deelneem. Ons strewe na ’n skoner en groener dorp en hoop om ’n nalantenskap agter te laat.  Die omgewing is vir ons belangrik en daarom neem die Delareyville-tak aan boomplantmaand deel,” sê Ria Goosen, bestuurslid by die Delareyville-tak.