| | |

AfriForum se Christiana-tak skenk handreiniger aan ouetehuis en hospitaal

Die AfriForum-tak in Christiana het op 13 Mei 2020 100 botteltjies handreiniger aan die Edith Smith-ouetehuis en ’n verdere 25 liter aan die Christiana Hospitaal geskenk.

Die betrokke instansies het die skenkings baie waardeer aangesien hulle dit broodnodig het in die uitvoering van hul daagliks take. Die tak het ook die geleentheid gebruik om die personeel van hierdie instansies te bedank vir die goeie werk wat hulle in die gemeenskap doen.

“Die COVID-19-pandemie het ons gemeenskappe geleer om saam te staan en mekaar te ondersteun. Dit is goed om te weet ons werk saam om hierdie virus te beveg en te bekamp,” sê Bianca van der Westhuizen, sekretaris van AfriForum se Christiana-tak.

“Ons doen ’n beroep op die inwoners van Christiana om betrokke te raak by AfriForum se plaaslike tak, want saam kan ons soveel meer vir ons gemeenskap doen,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings