|

AfriForum se Centurion-tak maak sakekern in Valhalla skoon

Die AfriForum-tak in Centurion het op 17 September ’n skoonmaakprojek in Valhalla se sentrale sakekern gehou. Hierdie gebied is al ’n geruime tyd onnet en die tak het talle klagtes daaroor ontvang.

Die tak het gevolglik ’n kontrakteur aangestel om die vullis te verwyder, asook om die onkruid wat teen die sypaadjies groei met gif te bespuit.

“Die doel van skoonmaakprojekte soos dié is om agteruitgang teen te werk en ons pragtige omgewing te bewaar. Die tak gaan voorts soortgelyke projekte aanpak om hierdie doelwitte na te streef,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

“Projekte soos hierdie dien as ’n konkrete bewys dat gemeenskapstrukture hulself tot ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms moet beywer en self betrokke moet raak om probleme proaktief op te los. Die gemeenskap word aangemoedig om by die tak se projekte betrokke te raak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke en word deel van die oplossing: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings