AfriForum se Centurion-buurtwag blus brande in Hennopsriviervallei


Die burgerregte-organisasie AfriForum se buurtwagte in die Hennopsriviervallei het die afgelope naweek gehelp om brande te blus wat in dié gebied ontstaan het.

“Die buurtwagte gebruik industriële blasers as brandbestrydingstoerusting. Die terrein in die Hennopsriviervallei-gebied maak dit baie moeilik om watertrokke te gebruik om die vuur te veg,” sê Izak Pieters, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Centurion-tak.
“Plaaslike buurtwagte is van ontsaglike waarde, omdat hulle die gemeenskap op verskeie gebiede bystaan,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Gemeenskapslede word aangemoedig om by AfriForum betrokke te raak: SMS “Buurtwag” na 45341 (R1), óf stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings