AfriForum se buurt- en plaaswagte in die Matzikama-streek neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurt- en plaaswagte in die Matzikama-streek het op 8 en 9 Maart in samewerking met die SAPD en verkeersdepartemente ’n patrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die aksie, wat deel van AfriForum se nasionale patrollie vorm, het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 die volgende dag voortgeduur. Sowel die Lutzville-, Koekenaap-, Nuwerus-, Vredendal-, Kleinrivier- en Trawal-plaaswag as die Lutzville-buurtwag het aan die patrollie deelgeneem.

Altesaam 70 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 1 142 km is in 50 voertuie in 310 manure afgelê.

“AfriForum se buurt- en plaaswagte in die Matzikama-streek sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad hok te slaan en veiligheid in samewerking met die SAPD te bevorder,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die Noord-, Oos-, en Wes-Kaap.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke en help om jóú gemeenskap te beveilig: SMS “Veilig” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings