AfriForum se Bronkhorstspruit-tak bied noodhulpopleiding aan

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het die afgelope naweek vlak 2-noodhulpopleiding in die omgewing aangebied en 12 gemeenskapslede het die kursus voltooi. Dié opleiding vorm deel van ’n opleidingsprogram wat deur AfriForum se veiligheidstrukture van stapel gestuur is om hul veiligheidsnetwerk verder te ontwikkel en te versterk.

“Ná onlangse insidente en voorvalle in ons omgewing het ons weer eens besef hoe belangrik noodhulp is,” sê Magda Lewis, voorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.

Die Bronkhorstspruit-buurtwag het ook op 12 September vanjaar aan veiligheidsaksies binne die dorp deelgeneem waar hulle tydens die Laerskool Du Preez van Wyk se Dwergiekonsert patrollie gery het om ouers en kinders te beveilig.

“AfriForum wil sy buurtwagte met die beste opleiding bemagtig sodat hulle daagliks misdaad doeltreffend in hul dorpe kan bekamp. Dit is belangrik dat gemeenskappe opleiding benut om mekaar in tye van nood by te staan en ons nooi almal uit om by ons verskillende opleidingsessies betrokke te raak,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Ondersteun AfriForum om sodoende jou gemeenskap te beveilig: SMS “Bronkhorstspruit” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings