AfriForum se Brakpan-buurtwag ontvang opleiding


Die AfriForum-buurtwag in Brakpan het op 10 Februarie 2018 patrollie-opleiding ontvang. Dié opleiding was grootliks toegespits op die regsaspekte rondom siviele arrestasies, asook die organisering en uitvoering van doeltreffende patrollies.
Ongeveer 30 buurtwaglede het die opleiding, wat deur kapt. Chris Avenant van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Brakpan aangebied is, bygewoon.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Gerhard Cilliers, sekretaris van AfriForum se Brakpan-tak.
“Opleiding is vir enige veiligheidstruktuur belangrik en die buurtwag se hoofdoelwit is om ons gemeenskap te beveilig. Ons is hier om ’n verskil te maak en wil graag saam met ander veiligheidstrukture werk om dit te verwesenlik,” sluit Cilliers af.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings