--> -->
Spyskaart +

AfriForum se Bothaville-tak reorganiseer

Oktober 4, 2018 deur Marelie Greeff

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Bothaville-tak is op 1 Oktober suksesvol gereorganiseer.

Die takbestuur bestaan uit Willie Prinsloo (voorsitter), Sonya Steenkamp (ondervoorsitter), Derek Linde (tesourier), Joe Hein (sekretaris), Arnold Steyn (plaaslikeregeringsake) en Gerrie Kemp (omgewingsake).

“Ons is opgewonde om projekte aan te pak saam met die nuwe bestuur wat gaan hoop skep in Bothaville. Ons moedig die publiek aan om aktief betrokke te raak by die tak se aktiwiteite, want saam is ons sterker,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.