| | |

AfriForum se Boshof-tak skenk omgeepakkies aan gemeenskapslede in nood

Die AfriForum-tak in Boshof het op 24 en 25 Maart 2020 in die lig van die huidige COVID-19-krisis 73 omgeepakkies aan gesinne in nood geskenk.

39 pakkies is in Boshof uitgedeel en 34 pakkies is aan inwoners in Dealesville en aan die Dealesville-ouetehuis geskenk. Die pakkies het onder meer niebederfbare kos en skoonmaakmiddels bevat.

“’n Groot bekommernis vir die Boshof-takbestuur tydens hierdie krisistyd is dat sommige gemeenskapslede nie kruideniersware vir noodsaaklike behoeftes vir hul huishoudings kon aankoop nie. AfriForum probeer om waar moontlik ’n verskil in die lewens van gemeenskapslede in nood te maak,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

Help AfriForum om ’n verskil in mense se lewens te maak: SMS “AfriForum” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings