| | |

AfriForum se Bloemhof-tak skenk handreiniger

Die AfriForum-tak in Bloemhof het op 20 April 2020 handreiniger aan die Japie Kritzinger-tehuis vir bejaardes, die polisiestasie en plaaslike hospitaal geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te bevorder. Dié tak het altesaam 38 bottels, wat elk 500 ml bevat, geskenk.

Die Bloemhof-tak het besluit om ’n verskil te maak deur nooddienspersoneel en weerlose inwoners teen die opdoen van die COVID-19-pandemie te help beskerm. Voorsiening is ook gemaak sodat patrollievoertuie en ambulanse elk met handreiniger toegerus sal wees sodat die personeel hul hande deurentyd kan ontsmet.

“Dit is belangrik dat hierdie mense ondersteun sal word en ook om hulle moraal te verhoog. AfriForum waardeer hul toegewyde diens en wil hulle op hierdie manier ondersteun,” sê Willem van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Bloemhof-tak.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

 

Soortgelyke plasings