|

AfriForum se Bloemhof-tak ontsmet tehuis vir bejaardes

Die AfriForum-tak in Bloemhof het op 17 September die Japie Kritzinger Tehuis vir Bejaardes op dié dorp ontsmet.

Die tak het vroeër vanjaar toerusting aangekoop om sodoende ondernemings en ander instansies met die ontsmetting van hul terreine en geboue te ondersteun.

Gedurende die inperkingstyd het die tak die plaaslike polisiestasie, skole, ’n hospitaal, ondernemings en tehuise as deel van ’n COVID-19-ondersteuningsprojek ontsmet.

Die bestuurder van die tehuis, Ronel Pieters, het die AfriForum-tak vir hul ondersteuning en hulp bedank.

“Dit is vir AfriForum ’n voorreg om in dié tydperk ons gemeenskap te ondersteun. Ons het vanaf die eerste dag van die inperking vir die Bloemhof-gemeenskap gewys dat ons hier is om ’n verskil te maak en deur goeie en slegte tye by ons mense te staan,” sê Albert Nel, verteenwoordiger van AfriForum se Bloemhof-tak.

AfriForum se Bloemhof-tak het tydens die inperkingstyd meer as 450 liter ontsmettingsmiddels gebruik om instansies en ondernemings in die gemeenskap te ontsmet.

“Ons doen ’n beroep op die inwoners van Bloemhof om deel te word van die plaaslike AfriForum-tak om sodoende ’n groter verskil te kan maak,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings