AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte neem aan nasionale massapatrollie deel


Agt van AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte het die afgelope naweek aan dié burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem. Nagenoeg 170 buurtwaglede, asook verskeie nooddiens- en privaat sekuriteitsmaatskappye was by die patrollie betrokke.
Die patrolleerders het die Rosestad tussen Vrydagaand om 19:00 en Saterdagoggend om 3:00 in skofte van drie ure elk met 105 voertuie gepatrolleer. In totaal is bykans 6 183 km afgelê.
Tydens die patrollie het patrolleerders onder meer bystand by ’n ernstige ongelukstoneel in Pellissier verleen en gehelp om verkeer by ’n ander ongelukstoneel in Langenhovenpark te reguleer. Patrolleerders het ook bystand gebied deur ’n persoon met steekwonde na die hospitaal te vervoer ná ’n voorval by ’n kroeg in die stad.

“Die patrollie was op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Die volgende organisasies het aan die massapatrollie deelgeneem:

  • ITR;
  • Bloemsec;
  • Netcare 911;
  • Trauma Response Africa; en
  • Life Rosepark-ambulansdienste.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Veilig” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings