AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte hou massapatrollie


AfriForum se verskillende Bloemfontein-buurtwagte het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 Maart 2019 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 22:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend voortgeduur.

328 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 2 361 km in 153 voertuie afgelê. ’n Vooraf beplande operasie het ook in Langenhovenpark plaasgevind, waar 23 verdagtes deur 130 patrolleerder uit die koppies verwyder is en deur die SAPD na die gesamentlike mobiele operasionele sentrum vir uitskakeling verplaas is.

Bloemfontein-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Joseph Renaud, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings