|

AfriForum se Bethlehem-tak gee opleiding vir senior burgers

Die AfriForum-tak in Bethlehem het op Vrydag 11 Oktober 2019 veiligheidsopleiding vir die dorp se senior burgers aangebied.

Tydens dié opleidingsessie het bejaardes geleer hoe om pepersproei korrek as selfverdediging te gebruik. Elke persoon wat teenwoordig was het hul eie pepersproei ontvang. Hulle het ook tydens ’n demonstrasie geleer hoe om ’n brandblusser te gebruik.

“AfriForum se Bethlehem-tak wil graag meer gemeenskapslede by hierdie soort aksies betrek. Dit is belangrik dat gemeenskappe hulself met kennis en vaardighede bemagtig om in noodgevalle op te tree,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Bethlehem-tak wil graag die gemeenskap uitnooi om by die tak se inisiatiewe betrokke te raak en saam misdaad te beveg.

Sluit by AfriForum aan en maak ons hande sterker: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings