|

AfriForum se Bethlehem-tak bied opleiding aan

Die AfriForum-tak in Bethlehem het op 23 Julie 2019 ’n Stop the bleed-klas vir die gemeenskap aangebied.

Tydens dié opleiding leer gemeenskapslede hoe om in ’n noodsituasie te reageer – om erge bloeding van ’n wond op die regte manier te stop en hoe om korrek druk daarop toe te pas totdat nooddienste op die toneel aankom.

“AfriForum glo daarin om ons mense met kennis, inligting en opleiding te bemagtig,” sê Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak.

 

“AfriForum se Bethlehem-tak wil graag meer lede van die gemeenskap by hierdie soort aksies betrek. ’n Gemeenskap wat sigself beveilig en bemagtig, is ’n sterk gemeenskap,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Die tak beplan ’n bykomende reeks opleidingsaksies waarby die hele gemeenskap kan baat. Die datums en sessies sal nog bekend gemaak word en die gemeenskap word uitgenooi om hierdie aksies te ondersteun.

Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings