AfriForum se Bethal-tak vul slaggate


AfriForum se Bethal-tak het op Donderdag 6 September slaggate in Van der Stel- sowel as Hoëveldlaan gevul.
Die tak het besluit om slaggate in hierdie strate te herstel na gelang van versoeke vanuit die gemeenskap. Donasies in die vorm van teer en ander materiaal is uit die gemeenskap verkry.
Dit vorm deel van AfriForum se tak in Bethal se deurlopende projek om die dorp se strate reg te maak. Daar is sover gedurende 2018 meer as 1 800 sakkies teer in Bethal gebruik om slaggate te vul.

“Inwoners van Bethal neem eienaarskap van hulle probleme en sorteer dit self uit. Ons kan nie meer wag vir die Govan Mbeki Munisipaliteit om hulle verantwoordelikhede na te kom nie,” sê Ingrid Human van AfriForum se Bethal-tak.

 
Is jy ook keelvol? Raak betrokke: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings