|

AfriForum se Benoni-buurtwag hou massasigbaarheidspatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Benoni het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op 16 Augustus 2019 ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede gehou om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 begin en voortgeduur tot 04:00.

Altesaam 61 patrolleerders het opgedaag om ’n verskil te maak en 1 359 km is in 215 manure afgelê. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

“Dit is verblydend om te sien hoe lede vanuit verskeie veiligheidstrukture saam kan staan om daadwerklik ’n verskil te maak. Ons het deur die loop van die aand ook nog lede by AfriForum aangesluit. AfriForum se Benoni-buurtwag sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies hou om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies te poog om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Ettiene de Klerk, ondervoorsitter van AfriForum se Benoni-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Benoni-buurtwag betrokke en help sodoende om jou omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1) of stuur ’n e-pos na afriforum.benoni@gmail.com.

Soortgelyke plasings