|

AfriForum se Benoni-buurtwag en GPF trek vermeende misdadigers vas

AfriForum se Benoni-buurtwag het op 18 Julie 2019 in samewerking met die plaaslike GPF drie vermeende verdagtes vasgetrek. Die buurtwag en GPF het op ’n noodroep op die plaaslike Benoni-radiogroep gereageer oor ’n diefstal by ’n kleinhandelaar in die dorp.

Toe die buurtwag en GPF daar aankom, het drie verdagtes met ’n voertuig weggejaag. Die verdagtes is tot in die Rynfield-gebied agtervolg, waar die verdagtes voorgekeer en gearresteer is. Hulle is aan die SAPD oorhandig.

“Hierdie soort spanwerk en sterk netwerk van veiligheidstrukture is ’n uitstekende voorbeeld van hoe misdaad aktief bekamp kan word wanneer gemeenskappe saamwerk,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

“AfriForum se Benoni-buurtwag is trots om die dorp se veiligheid te kan opskerp en wil die gemeenskap aanmoedig om by plaaslike veiligheidsnetwerke betrokke te raak. Só kan ons Benoni veiliger maak,” sê Archie Mouyis, voorsitter van AfriForum se Benoni-buurtwag.

Soortgelyke plasings