AfriForum se Bellville-buurtwagte ontvang veiligheidsopleiding


AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel van dié burgerregteorganisasie se Kaapstad-Noord-tak vorm, het op 12 Junie 2019 opleiding in toneelhantering ontvang.

David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap, het die opleidingsessie gratis aan buurtwaglede aangebied.

“Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en om by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Volgens Olivier fokus AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling sterk op opleiding. “Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe met die nodige kennis toegerus word om hulle in staat te stel om hul gemeenskappe met die hulp van AfriForum te beveilig,” sê Olivier.
Raak by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak betrokke: SMS “Kaapstad-Noord” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings