|

AfriForum se Bellville-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Bellville se protospanlede het op 30 Oktober 2019 opleiding in radiospraakprosedures ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied.

“Ons het ’n uitstekende radionetwerk in die buurtwag en daarom is dit vir ons belangrik om eenvormig en doeltreffend te kan kommunikeer om die gemeenskap beter te help beveilig,” sê Johan Fritz, voorsitter van AfriForum se Bellville-buurtwag.

Hierdie was een van vier opleidingsessies wat sedert Maart vanjaar aan die Bellville-buurtwag aangebied is. Die ander opleiding was in regsaspekte vir patrolleerders, toneelhantering en ’n selfverdedigingkursus wat tien weke geduur het.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings