AfriForum se Bellville-buurtwag en Oakdale Watch hou gesamentlike patrollie


AfriForum se Bellville-buurtwag het op 8 September in samewerking met Oakdale Watch ʼn gesamentlike veiligheidspatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog en om meer gemeenskapslede te betrek wat aktief aan die buurtwag se aksies kan deelneem. Die aand het sonder enige voorval verloop.

“Die handhawing van sigbaarheid skrik potensiële misdadigers af en is dus ʼn proaktiewe manier om misdaad te bekamp. Die gemeenskap het ʼn rol om te speel deur die SAPD in die bekamping van misdaad by te staan,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Bellville-buurtwag.

Enige persoon wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “VEILIG” na 45353 SMS (R1).

Soortgelyke plasings