AfriForum se Bellville-buurtwag beveilig laerskole


Yollanda Fritz, lid van AfriForum se Bellville-buurtwag, het die afgelope paar weke die veiligheidsituasie by sowel die Laerskool Bellpark as die Laerskool Bellville gemoniteer.

Volgens Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak, was ouers bekommerd oor die veiligheid van hul kinders by dié twee skole. Nadese het Fritz soggens én smiddae tussen die twee skole patrollie gery en sodoende seker gemaak dat leerders veilig is. Geen insidente is sedertdien aangemeld nie.

“Die handhawing van sigbaarheid is ’n proaktiewe afskrikmetode om misdaad te bekamp. Die gemeenskap het ’n verantwoordelikheid om die SAPD op hierdie wyse met die bekamping van misdaad by te staan,” se Fritz.

Jy kan ook help om jou gemeenskap te beveilig – sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan deur “Buurtwag” na 45353 te SMS (R1). Jy kan ook ’n e-pos na deon.dejager@afrifroum.co.za stuur om by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings