AfriForum se Argent-plaaswag ontvang opleiding


AfriForum se Argent-plaaswag in die Delmas-omgewing het gedurende Junie en Julie 2017 gemeenskapsveiligheidsopleiding ontvang.
Die plaaswag sal in die toekoms verdere opleiding ontvang ten einde hulle eie veiligheid, asook dié van die gemeenskap te verseker. Faan Roets, hoof uitvoerende beampte van UBUNTU Security Training, het die opleiding aangebied.

“Die plaaswag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Opleiding is van kardinale belang vir enige veiligheidstruktuur. Dit is die Argent-plaaswag se missie om misdaad binne die raamwerk van die reg te bekamp. Ons verwelkom ook samewerking met ander veiligheidstrukture in die gebied,” sê Pottie Potgieter, voorsitter van AfriForum se Argent-plaaswag in Delmas.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by AfriForum se plaaslike tak en buurtwagte betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter is die verskil wat ons in Delmas en omliggende gebiede kan maak,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings