--> -->
Spyskaart +

AfriForum se Ankerdorppadskou skep hoop!

Februarie 19, 2019 deur Admin

Voltooi onderstaande om betrokke te raak by die aksies in jou dorp.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

#ANKERDORPPADSKOU

Die ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word.

Heelparty selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak.

Aksies sal geloods word rondom omgewingsake, munisipale kwessies, gesondheids- en veiligheidsoudits, gemeenskapsveiligheid en jeugaangeleenthede. Skole sal besoek word waar AfriForum se teenboelieveldtog leerders, ouers en onderwysers oor afknouery bewus sal maak. Ondernemings in die dorpe sal ook besoek word en AfriForum sal ook stalletjies beman waar die algemene publiek kan kom uitvind wat die organisasie alles doen.

AfriForum wil inwoners aanmoedig om saam met die organisasie hande te vat en deel van die projekte te wees. Wees jý die verskil wat jy in jou gemeenskap wil sien!

Kom ontmoet ook jou AfriForum-takbestuur en ander rolspelers tydens die padskou in jou dorp. Die volgende dorpe word besoek na die loodsweek in Februarie:

Rustenburg (Maart 2019)

George (Mei 2019)

Nelspruit (Junie 2019)

Tzaneen (Julie 2019)

Krugersdorp (September 2019)

Secunda (Oktober 2019)

Bethlehem (November 2019)

Jy kan steeds deel van hierdie opwindende projek wees selfs al woon jy nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep. Onthou, as dit met jou buurman goed gaan, gaan dit ook met jou goed.

En wie weet, volgende keer kom jóú dorp dalk aan die beurt.

WAAR IS ONS?

Klik hier vir Rustenburg se rooster.

AfriVriendelik-opleiding: Werkswinkels vir entrepreneurs, kleinsakeondernemings en belangstellendes. 

TOETS JOU KENNIS

Speel saam op AfriSpel.

FOTO’s

VIDEO’s

Kyk hoe Kallie Kriel, Uitvoerende Hoof van AfriForum, in die pad val.

FORUM NUUS

AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord

AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Lyttelton tydens #AnkerdorpPadskou

VERKLARINGS

Pretoria:

AfriForum skep hoop by Wollies-diereprojek

AfriForum skerp padveiligheid in Waverley op

AfriForum sit sy #AnkerdorpPadskou in Moreletapark voort

AfriForum skop sy #AnkerdorpPadskou in Centurion af

AfriForum loods #AnkerdorpPadskou met selfdoenaksies in Pretoria

Rustenburg:

#AnkerdorpPadskou Rustenburg-been onderweg met skoonmaakaksie

AfriForum-teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Rustenburg en Laerskool Vastrap

Rustenburg-tak vul slaggate (fase 1)

Rustenburg-tak vul slaggate (fase 2) en besoek munisipale woonstelle