AfriForum se Aliwal-Noord-tak skenk negende vrag voer in sewe maande


AfriForum se Aliwal-Noord-tak het 50 sakke Super 18-voer aan agt boere van die Aberdeen-omgewing geskenk nadat dit aan die lig gekom het dat boere in dié omgewing steeds voerskenkings benodig.

Lede van die takbestuur het die plaaslike koöperasie gekontak en met hul samewerking kon die boere die voer ontvang.
Elize Schulze, takvoorsitter, en Edelweiss Wessels, voorsitter van die tak se omgewingsake-portefeulje, wil graag namens die Aliwal-Noord-takbestuur hul dank uitspreek teenoor die rolspelers wat hul hande versterk met die projek – saam skep ons hoop.
Die Aliwal-Noord-tak het oor ’n tydperk van sewe maande reeds nege vragte voer met geborgde vervoerkoste na verskeie droogtegeteisterde gebiede in die land uitgestuur om verligting te bring.

“As ’n mens geen hoop het nie, gaan jy die stryd verloor; tog is daar mense daar buite wat altyd bereid is om te help om vir ander hoop te skep,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Dra tot AfriForum se Noodfonds by: SMS “Voer” na 38310 (R10).

Soortgelyke plasings