AfriForum se Alberton-tak ondersteun bejaardes

Die AfriForum-tak in Alberton het die afgelope naweek in samewerking met die Nasionale Paramediese Dienste (NPD) bejaardes van die Brackenhurst- en Brackendowns-gebied ondersteun wat erg onder waterprobleme gebuk gaan.

Die onderskeie organisasies het van ’n waterpunt by die Brackendowns-polisiestasie in Letabastraat gebruik gemaak om waterdromme te vul. Hulle het die water ook vervoer en by die bejaardes gaan aflewer.

“Dit is belangrik om die bejaardes in ons gemeenskap op enige moontlike wyse te ondersteun. Ons bedank graag die NPD wat ook geskenkpakkies aan die gemeenskap uitgedeel en ’n span gestuur het om hand by te sit tydens die aksie,” sê Chris Fourie, voorsitter van die omgewingsakeportefeulje van AfriForum se Alberton-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Alberton” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings