|

AfriForum se Alberton-buurtwag spoor vermiste persone op

Die AfriForum-buurtwag in Alberton het op 8 en 9 Oktober 2019 in afsonderlike voorvalle twee vermiste persone opgespoor.

Dít volg nadat die buurtwag inligting op sosialemediagroepe geplaas het van ’n vrou wat op 6 Oktober 2019 as vermis aangemeld is. ’n Buurtwaglid het die vrou in die dorp se hoofstraat voor Pep gewaar waar sy items saam met twee mans probeer koop het. Die buurtwaglid het aan die betrokke partye gekommunikeer dat die vrou opgespoor is en sy is na die polisiestasie geneem.

’n Verdere sukses is dat ’n 14-jarige meisie gevind is nadat haar familie haar op 3 Oktober 2019 as vermis aangemeld het nadat sy van die huis af weggeloop het. ’n Lid van die buurtwag het haar in ’n veld gewaar, waarna haar familie in kennis gestel is. Sy is veilig aan haar geliefdes terugbesorg.

“Ek is geweldig trots op die AfriForum-buurtwaglede van Alberton wat te alle tye die veiligheid van gemeenskapslede op die hart dra. Voortdurende opleiding en die ontwikkeling van sekere vaardighede lei daartoe dat vrugte soos hierdie afgewerp kan word,” se Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-buurtwag.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Alberton” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings