AfriForum se Alberton-buurtwag ontvang trauma-opleiding


Lede van AfriForum se Alberton-buurtwag het op 27 Januarie 2018 die eerste sessie van hul trauma-opleiding ontvang.

“AfriForum se Alberton-buurtwag het in 2017 aansienlik uitgebrei en dit is daarom van kardinale belang dat buurtwaglede meer gespesialiseerde opleiding ontvang. Die buurtwaglede staan die publiek op verskeie tonele by en moet weet hoe om in noodsituasies op te tree,” sê Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-tak

Volgens Francois Booysen, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Alberton-tak, is hierdie die eerste fase van ’n reeks opleidingsessies wat in samewerking met verskeie rolspelers beplan word.

“Die buurtwag wil ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak, maar ons is net so sterk soos ons ledetal. Ons doen daarom ’n beroep op die Alberton-gemeenskap om by die AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak. Lede van die publiek kan ook ons noodnommer (066 048 2825) skakel in geval van nood of vir verdere inligting,” sluit Booysen af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Alberton” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings