|

AfriForum rig skrywe aan Matjhabeng-munisipaliteit en Sedibeng-water oor waterkrisis in Ventersburg

AfriForum het dringend briewe gerig aan sowel die Matjhabeng-munisipaliteit as Sedibeng Water oor Ventersburg se waterkrisis. Inwoners van dié dorp is al die afgelope week sonder water omdat daar nie genoeg water in die reservoir gepomp is om water aan die dorp en omliggende gebiede te voorsien nie.

Die gemeenskap het AfriForum om hulp genader en die organisasie sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die gemeenskap weer water het.

“Toegang tot water is ’n grondwetlike reg. AfriForum wil graag verseker dat die gemeenskap so gou as moontlik weer toegang tot water het en dat die waterkrisis opgelos sal word,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum het die munisipaliteit en Sedibeng-water tot 28 Februarie gegun om op die briewe te reageer.

AfriForum wil graag die gemeenskap aanmoedig om by dié organisasie betrokke te raak en saam ’n beter toekoms te skep. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Ventersburg” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings